Ons boer anders, ons prioritiseer die vrugbaarheid van die grond, ons strewe na hoë standaarde vir dieregesondheid en ons bou doelgerigte verhoudings
Op Boven boer ons saam met die natuur, met multi-spesies, op grond wat wemel van mikroorganismes en natuurlike kunsmis, terwyl ons passievol bou aan menseverhoudings. Ons produseer gesonde kos, op 'n humanitêre manier, wat die aarde, diere en mense respekteer.
Laat jou kos jou medisyne wees en nie jou medisyne jou kos nie.
Boven manier van boer
Saam met die natuur
Op Boven gebruik ons diere, dierebemesting en omslagoeste om die kwaliteit van ons grond te bevorder - sonder die eksterne byvoeging van enige kunsmis, plaag of onkruiddoders. Ons werk op ‘n wetenskaplike manier met die plaasafval en skep ons eie middele wat die grond bevorder. Ons boer met multi-spesies wat roteer oor verskillende weidingsareas. Met behulp van die diere, asook wetenskap-gefundeerde metodes, restoreer ons die grond, verbeter die ekostisteme, beheer parasiete beter en kry baie hoë benutting van die grond.
Saam met mense
By Boven, poog ons om mense ‘n hoop en visie te gee, om hul skeppingsdoel te vervul en hul te ondersteun in hul groei. Ons inkorporeer ‘n dissipelskapskursus tydens induksie, en oor ‘n 3-jaar periode, verskaf ons opleiding en blootstelling aan die verskillende boerdery aspekte op die plaas.