• Bewoon. Bewerk. Bewaar.

  • Bewoon. Bewerk. Bewaar.

  • Bewoon. Bewerk. Bewaar.

  • Bewoon. Bewerk. Bewaar.

Ons boer anders, ons prioritiseer die vrugbaarheid van die grond, ons strewe na hoë standaarde vir dieregesondheid en ons bou doelgerigte verhoudings

 

Op Boven boer ons saam met die natuur, met multi-spesies, op grond wat wemel van mikroorganismes en natuurlike kunsmis, terwyl ons passievol bou aan menseverhoudings. Ons produseer gesonde kos, op 'n humanitêre manier, wat die aarde, diere en mense respekteer.

Laat jou kos jou medisyne wees en nie jou medisyne jou kos nie.

Boven manier van boer

griselda  e photography-314.JPG

Saam met die natuur

Op Boven gebruik ons diere, dierebemesting en omslagoeste om die kwaliteit van ons grond te bevorder - sonder die eksterne byvoeging van enige kunsmis, plaag of onkruiddoders. Ons werk op ‘n wetenskaplike manier met die plaasafval en skep ons eie middele wat die grond bevorder. Ons boer met multi-spesies wat roteer oor verskillende weidingsareas. Met behulp van die diere, asook wetenskap-gefundeerde metodes, restoreer ons die grond, verbeter die ekostisteme, beheer parasiete beter en kry baie hoë benutting van die grond.

griselda  e photography-56.JPG

Saam met mense

By Boven, poog ons om mense ‘n hoop en visie te gee, om hul skeppingsdoel te vervul en hul te ondersteun in hul groei. Ons inkorporeer ‘n dissipelskapskursus tydens induksie, en oor ‘n 3-jaar periode, verskaf ons opleiding en blootstelling aan die verskillende boerdery aspekte op die plaas.

Boven boerdery

Boven koeie

Ons Jerseys vreet gras wat groei op ons gesonde, mikrokultuur-ryke grond en ook die natuurlike fynbos wat voorkom op die plaas. Hulle help ook met plaagbestryding en eet graag die uitheemse Swartwattel boompies. As ‘n resultaat, lewer die koeie melk met ‘n baie hoë bottervet persentasie, waarvan ons heerlike ryk botter, joghurt en kase produseer.

griselda  e photography-201.JPG

Boven varke

Ons varke geniet die bosse en grasvelde hier op Boven en het ‘n diverse en voedingsryke dieet, wat vars rou-melk insluit. Ons gee geen groeihormone of voorkomende medisyne nie. Die varke speel ‘n groot rol in die kultivering van ons grond en is belangrik in die ekologies-vriendelike landskap waaraan ons bou. Ons varke smaak ook heerlike - met ‘n langer en gesonde lewe, lewer hulle heerlike sag en gegeurde vleis.

WhatsApp Image 2021-07-09 at 19.33.19.jpeg

Boven skape

Die Dormerskape en Boerbokke vorm deel van ons stapel-metode van boer. Hulle help in die beheer van ons bosse, asook die bemesting van die grond.

WhatsApp Image 2021-07-09 at 19.31.45.jpeg

Boven hoenders

Ons vrywyende braaikuikens, Boschvelders en Koekoeks geniet die plaaslewe saam met ons. Die lêhoenders asook ons braaikuikens word een maal per week van kamp verskuif waar hulle dan weer nuwe areas kan bewei en help om ons grond in top kondisie te hou en peste te beheer.

Boven bye

Ons bye speel ‘n integrale rol in die biodiversiteit van ons ekosisteem asook die bestuiwing van gewasse op die plaas. Die fynbosryke area en die bosse op die plaas voorsien die bye met ‘n ideale habitat om gesond te lewe en voorsien ons met heerlike heuning.

griselda  e photography-47.JPG

Boven groente

Ons verbou ons eie organiese groente, in gesonde, mikro-organisme ryke grond. Ons plant erfstuk saad vir uitsonderike smaak en hoë nutrient-waarde.


griselda  e photography-76.JPG

Boven bak

In die kombuis, bak en bou ons ook aan menseverhoudings - net soos buite op die plaas. Met drie generasies op die plaas, leer ons graag van oues met ondervinding asook van jonges met nuwe idees.


Boven hout

Ons hout en houtprodukte het ons gelei na Boven - dit was van ons eerste produkte wat ons verkoop het. Ons saag hout vir die boubedryf en verwerk ook self die hout om pragtige, hoë gehalte hout kombuisartikels te maak, insluitende snyborde en eier houers.